
=====================================================================
Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere

DIT was vir die Stigting 'n waardevolle ervaring om by die hoogs suksesvolle Vlaamse Boekebeurs tussen 31 Oktober en 11 November vanjaar 
betrokke te wees.

Reeds met die eerste verkenningsgesprekke meer as 'n jaar gelede in verband met die moontlikheid om Suid-Afrtika as gasland na die beurs te 
nooi, het die hele avontuur begin. Teen die einde van die boekebeurs dink etlike Afrikaanse en Suid-Afrikaanse skrywers, uitgewers, 
sprekers en besoekers met heerlike herinneringe terug aan die gebeure in Antwerpen.

Die beurs, met sy besoekerstal van 167 886, verteenwoordig 'n heel besondere voorbeeld van hoe 'n land se boekhandelaars, uitgewers, 
skrywers, pers, die bre publiek en jeug intensief betrokke kan raak by 'n kulturele fokuspunt.

Dit is 'n boekebeurs wat wyd uitkring. Die Vereniging ter Bevordering van die Vlaamse Boekwese, as organiseerder van die beurs, en die 
Vlaamse Boekverkopersverbond in samewerking met die Vlaamse koerant De Standaard sorg bv. dat ongeveer 120 boekhandelaars,   oor die hele 
Vlaandere heen versprei, elkeen as 't ware 'n boekebeurs in die kleine is. Ook hier het 'n hele titellys (jeugboeke, letterkundige werke, 
boeke oor die geskiedenis, politiek en toerisme) spesiaal aandag gekry.

Rondom die boekebeurs is verder verskeie byeenkomste, gerel deur kulturele verenigings, aangebied. Verteenwoordigers van die Stigting vir 
Afrikaans het bv. opgetree by byeenkomste gerel deur die Davidsfonds, die Marnixring en die Orde van den Princen. Baie nuwe vriendskappe 
is gesluit en oues hernuwe.

Tydens twee temadae is debatte gehou en paneelbesprekings aangebied wat groot gehore getrek het. Die eerste temadag het gekonsentreer op 
taalpolitiek in die nuwe Suid-Afrika. Vooraanstaande Afrikaanse en Suid-Afrikaanse akademici, skrywers en politici het daaraan deelgeneem. 
Die tweede temadag het gehandel oor die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse literatuur, en verskeie skrywers het daaraan deelgeneem.

Die hele boekebeurs met al sy uitstallings, praatjies, debatte en aandag in die openbare media het in Vlaandere tot 'n geweldige nuwe 
belangstelling in Afrikaans gelei. Bekende Afrikaanse skrywers is van naby leer ken en heerlik geniet deur die bre Nederlandstalige 
publiek. Hierdie hele proses is deur die taaldebatte ondersteun.

Namens die Afrikaanse taalgemeenskap wil die Stigting vir Afrikaans die Vereniging ter Bevordering van die Vlaamse Boekwese,   en veral die 
VBVB se voorsitter, mnr. Luc de Meester, hartlik bedank vir die fokus op Afrikaans en   Suid-Afrika.

Dit is van groot belang dat al hierdie ontvlamde belangstelling in Afrikaans en die Afrikaanse gemeenskap nie n die boekebeurs in die sand 
moet doodloop nie. Die Stigting vir Afrikaanse verbind hom daartoe om te kyk hoe hy kan bydra tot bepaalde broodnodige opvolg-inisiatiewe. 
Onder meer deur die verspreiding van Afrikaans Vandag na die adresse van nuwe vriende in Vlaandere en Nederland wil die Stigting al klaar 
'n bydrae begin lewer. Dr. Karel Prinsloo,   direkteur van die Stigting vir Afrikaans.

Terug na bo

Hoofartikel

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av514.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

